SA-brand: Klagte is nie ernstig genoeg om borg te weier nie

Die verdediging se prokureur in die saak oor die brand by die Parlementskompleks in die buurland, advokaat Luvuyo Godla, sê sy kliënt word as sondebok gebruik. Zandile Mafe het reeds vlugtig in ‘n Kaapstadse hof verskyn op aanklagte van huisbraak, diefstal en brandstigting. Die saak is tot Dinsdag uitgestel. Godla het gereageer op die beskuldiging dat sy kliënt met plofstof betrap is en sê die staat se bewering sodat hy in aanhouding kan bly, is onregverdig en ongrondwetlik. Hy sê sy 49-jarige kliënt ontken alle aanklagte: