‘Dis moontlik dat Abramovich wel gif ingekry het’

Die bekende Britse afgetrede diplomaat, Peter Ricketts glo dat die Russiese oligarg Roman Abramovich wel vergiftig kon gewees het. Sy aanmerkings volg na Amerikaanse owerhede gesê het hulle is skepties oor die berigte. Bronne na aan Abramovich het aan media gesê hy het simptome van vergiftiging gehad na hy samesprekings met Russiese owerhede in die Oekraïne bygewoon het. Ricketts sê hy is seker alle rolspelers sal vandag in Turkye ook baie versigtig wees.