Korrektiewe Diens sê oor ongerymdhede

Die Namibiese Korrektiewe Diens is in die nuus vanoggend. Veelvuldige teenstrydighede in die werwing en bevordering van veiligheids- en sekuriteitspersoneel is gedurende die 2020-boekjaar deur die ouditeur-generaal se kantoor ontdek. Ander onreëlmatighede sluit in fondse wat weggeraak het, geld wat lukraak goedgekeur is en duisende dollar wat na ‘n diensverskaffer oorgeplaas is sonder voldoende dokumentasie. Kosmos 94.1 Nuus het met kommissaris Sam Shaalulange van die Sentrale Personeel-direktoraat by die diens gepraat.