Dis-Chem se personeel moet Februarie ingeënt wees

Die apteekgroep Dis-Chem sal van Februarie af van sy personeel verwag om ingeënt te wees. Diegene wat om spesifieke redes dit nie wil doen nie, sal elke week ‘n negatiewe Covid-19-toets moet wys voordat hulle in die werkplek toegelaat sal word. Discovery en Sanlam was onder die eerste maatskappye wat reeds in September ‘n verpligte inentingsbeleid aanvaar het. Charlene du Toit skets die agtergrond.