SA mynwerkersvakbond gekant teen verpligte inenting

Die mynwerkersvakbond Amcu het besluit om aan te sluit by ander vakbonde wat gekant is teen verpligte inenting in die werksplek. Die organisasie sê hy sal beswaar maak teen ‘n nasionale beleid wat Covid-inenting verpligtend maak. President Cyril Ramaphosa het ‘n taakspan aangewys om die beleid te oorweeg na die ontdekking van die Omikron-variant. Krister Janse van Rensburg van Amcu het gesê inentings behoort aangemoedig te word en nie afgedwing te word nie.