Trustco-aandeelhouers ten gunste van denotering op aandelebeurse

Aandeelhouers van Trustco Group Holdings het in ‘n nie-bindende raadgewende stem ten gunste daarvan gestem dat die groep van die Johannesburgse Aandelebeurs, die Namibiese Aandelebeurs en die OTCQX in die VSA denoteer. Trustco het die stemming gevra nadat die Finansiële Dienste-tribunaal in Suid-Afrika onlangs ‘n aansoek deur Trustco om ‘n opdrag van die JSE om sy finansiële state vir die jaar geëindig 31 Maart 2019 te heroorweeg, van die hand gewys, sowel as sy tussentydse resultate vir die ses maande geëindig 30 September 2019.