Dink voor jy inskep…

Vandag word die Internasionale Dag vir Bewustheid oor Kosvermorsing herdenk. Die gewilde Namibiese sjef, Sanet Prinsloo…

Daar word beraam dat 14 persent van die voedsel in die wêreld verlore gaan in die waardeketting en die VN sê ‘n derde van al die voedsel wat internasionaal geproduseer word, word vermors of weggegooi deur verbruikers. Dis ongeveer 1,3 miljard metrieke ton elke jaar en dit terwyl amper ‘n miljard mense wêreldwyd nie genoeg kos het om te eet nie met 66 miljoen laerskool kinders wat op ‘n leë maag skool toe gaan.