Opknapping van regeringseiendom onder die soeklig

Die meeste regeringshuise en openbare infrastruktuur is in ‘n vervalle toestand is vir jare nie opgeknap nie. Volgens Julius Ngweda, hoofskakelbeampte van die ministerie van werke, het hulle reeds begin om ‘n paar regeringshuise op te knap, maar weens onvoldoende fondse, vorder dit stadig.

Hy sê kabinet het goedgekeur dat sommige eiendomme wat opgeknap word, op die mark gesit sal word.