Veldbrande: dis nie net die houtskoolbedryf nie

Die houtskoolbedryf kry gereeld die skuld vir die talle veldbrande wat die afgelope tyd regoor die land voorgekom het. Kundiges het voorspel dat Namibië vanjaar ‘n rekord brandseisoen sou ervaar as gevolg van die goeie reënseisoen. ‘n Plaaslike landbou-kenner en kundige in die gebied van houtskool-produksie, dr. Dagmar Honsbein meen daar is talle ander boerdery-aktiwiteite wat die brande kan veroorsaak.