Dimbu wil respondente byvoeg in plakkersaak

Dimbulukeni Nauyoma se saak waar hy die Namibiese regering en die prokureur-generaal dagvaar om die sogenaamde Plakkersproklamasie van 1985 ter syde te stel, is vandag in die hof vir ‘n samevoegingsaansoek. Nauyoma wil die aanklaer-generaal, die polisie se inspekteur-generaal en Stad Windhoek as derde tot vyfde respondente byvoeg. Nauyoma sê in sy stukke dat die wetsontwerp, wat gebruik word om plakkers wat onwettig op grond woon, te verwyder, strydig is met die land se Grondwet. Daar was die week ‘n pleidooi vir skenking vir hom en sy NEFF-kollega Michael Amushelelo wat nie hul regskostes in verband met hul openbare geweld-saak in die hoofstad kan betaal nie. Die twee kort blykbaar 80 000 Namibiese dollar.