Omusati-polisie vra hulp na hond met baba se kop gevind is

Plaaslike berigte lui dat ‘n voetganger ‘n gru-vonds gemaak het naby Otsandi in die Omusati-streek. ‘n Rondloper hond is gewaar met die kop van ‘n baba in sy bek. Die dier is verjaag en owerhede ingeroep maar geen verdere oorskot is gevind nie en die polisie het geen leidrade nie. Nampol se Omusati-woordvoerder Anna Kuunga het ‘n beroep op die publiek gedoen om na vore te kom as hulle bewus is van ‘n vrou wat swanger was, nie meer is nie en ook nie ‘n baba het nie.