Digitale duplikaat van renosterhoring op veilig verkoop

‘n Digitale duplikaat van ‘n renosterhoring is op ‘n veiling in Suid-Afrika verkoop. Items bekend as nie-verwisselbare items, of NFT’s, word verkoop om geld in te samel om egte renosters te beskerm. ‘n Kaapstadse sake-eienaar, Charl Jacobs, het meer as 100-duisend-rand vir die digitale horing betaal en sê hy plaas die duplikaat in ‘n trust vir sy kinders. Stropers het in die eerste ses maande van hierdie jaar minstens 249 renosters in Suid-Afrika gestroop. Dit is 83 meer as tydens die eerste helfte van 2020.