Dieselpryse sal moontlik aanhou styg

Die Rand-olieprys het sedert begin November 2022 met 8 persent gedaal. Simonis Storm sê as die Rand naby aan 17.30 teenoor die Amerikaanse dollar bly en wêreldwye Brent-ruoliepryse tot einde vandeesmaand rondom 95 Amerikaanse dollar per vat stabiel is, kan dit wees dat plaaslike petrolpryse óf weer onveranderd bly óf ‘n potensiële verlaging sien, aangesien dit sal lei tot ‘n verdere daling in die Rand-olieprys. Simonis Storm sê dieselpryse sal egter na verwagting in ‘n opwaartse neiging bly as gevolg van wêreldwye tekorte, verhoogde dieselproduksiekoste en verhoogde vraag. Dit sal plaaslike produsentekoste hoog hou en inflasiekoerse bo 6 persent in komende maande handhaaf. Dit sal egter steeds laer wees as die 7,3 persent-piek wat in Augustus 2022 aangeteken is.