Namibiese omgewingsministerie dien voorstelle by COP19 Cites-beraad in

Die Namibiese omgewingsminsiterie woon die COP19 Cites-beraad in Panamastad in Panama by wat tot 25 November duur. Namibië gaan saam met Botswana ‘n voorstel ingedien dat die Suidelike witrenoster vanaf Appendiks I na Appendiks II verskuif word om die handel in lewende witrenosters toe te laat vir slegs bewaringsdoeleindes en jagtrofeë. Namibië sal ook vir Zimbabwe ondersteun in sy voorstel dat die handel in rou ivoor van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe toegelaat word. Namibië sal ook voorstelle teenstaan vir die verskuiwing van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe van Appendiks II na Appendiks I.