Lekker tennis vandag

Tennis: Die sport se jongste goue meisie, Emma Raducanu, speel vandag haar eerste wedstryd sedert sy verlede maand die vrouetitel by die Amerikaanse Ope gewen het. Die 18-jarige Brit speel teen Aliaksandra Sasnovich van Belarus by die Indian Wells Meesters in Amerika. Raducanu is 17de gekeur vir die toernooi. Karolina Pliskova van die Tsjeggiese Republiek is eerste, gevolg deur Iga Swiatek van Pole, nog ‘n Tsjeg, Barbora Krejcikova, Elina Svitolina van die Oekraïne en Garbine Muguruza van Spanje.