Die gebruik van Ivermektien weer onder die loep

Reaksie is van die Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer, ontvang oor die gebruik van Ivermektien tydens sy gesprek oor Covid-19 op die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, se Facebook-blad. Die Mediese Vereniging van Namibië het intussen in ‘n brief aan die farmaseutiese vereniging in Namibië geskryf en genoem dat dit onder hulle aandag gekom het dat sekere apteke Ivermektien-tablette aan pasiënte verkoop as hulle ‘n voorskrif van hulle huisdokter het en en daarop gewys dat dit onwettig vir menslike gebruik in die land is. Bruwer het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.