Kwaai hittegolf in Amerika

‘n Uiterste hittegolf in die suidwestelike deel van Amerika wat alle bestaande temperatuurrekords oortref het, dreig om kragverskaffing te ontwrig, namate inwoners hulle lugverkoelingstelsels laer stel. Nagenoeg 40-miljoen mense van Kalifornië tot in Montana ondervind temperature van meer as 40 grade Celcius en 50-miljoen mense gaan gebuk onder hitte-waarskuwings.Veldbrande het in die droë en warm gebiede ontstaan en weerlig en rukwinde dreig om nog brande te veroorsaak.