Covid-19- herstelkoers in die land staan tans op 82%

Die Covid-19- herstelkoers in die land staan tans op 82% en 101 933 mense is reeds teen die virus ingeënt. Daar is 1 649 nuwe gevalle aangemeld waarvan 785 in Windhoek wat steeds die brandpunt van die pandemie is. Onder die nuwe gevalle is 183 leerlinge, 29 onderwysers, 27 gesondheidswerkers en 22 studente.