Die dood van Edwardo Nell skok rugbygemeenskap

Die dood van die 22 jarige Edwardo Nell van die FNB Wanderers rugbyklub in die hoofstad word wyd betreur. Volgens plaaslike media het Nell, wat ‘n skrumskakel was sy rib tydens gister se wedstryd gebreek wat skynbaar sy long beseer het en inwendige bloeding veroorsaak het . Dit het volgens berigte waarskynlik tot sy dood gelei. Nell se ma Isadore Nell, was voorheen ‘n bekende administrateur in Namibiese netbal.