Befondsing nodig vir herwinbare energie

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, Antonio Guterres, het tydens die Algemene Vergadering in New York die Afrika Ontwikkelingsbank se leierskap oor klimaatsaanpassing geprys. Ses weke voor vanjaar se wêreldwye Klimaatberaad, COP26, het die president van die Afrika Ontwikkelingsbank, dr. Akinwumi Adesina, die dringende behoefte om klimaatsaanpassing te finansier, aangespreek. Dr. Michael Humavindu, ‘n direkteur in die Namibiese ministerie van nywerheidsontwikkeling, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê meer befondsing is in die land nodig vir herwinbare energie.