Die Bulle is deur na die eindstryd van die Curriebeker-reeks

Rugby: Die Westelike Provinsie het nie ‘n kans gestaan teen die onstuitbare Bulle in gisteraand se Curriebeker-halfeindstryd op Loftus nie. Hulle het ‘n nederlaag van 48-31 gely ná die tuisspan teen rustyd reeds met 38-12 voor was. Edwill van der Merwe van die WP het twee drieë gedruk, maar die Bulle het die wedstryd deurentyd oorheers en is deur na die eindstryd volgende Saterdag in Pretoria. Hulle kom teen die Haaie of die Griekwas te staan, wat vanmiddag in die ander halfeindstryd in Durban kragte meet.