Verpligte inentings in Suid-Afrika bly in die nuus

Die Suid-Afrikaanse minister van Gesondheid, Joe Phaahla, sê die kwessie oor verpligte inentings moet op maatskaplike vlak bespreek word. Phaahla het gister by die inentingsperseel in die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto gesê sulke wetgewing word nie op die oomblik oorweeg nie, en verpligte inentings binne die perke van die wet moet deeglik in ag geneem word. Hy sê vir eers is die kwessie slegs onder bespreking.