Namibië en Botswana praat oor die situasie langs die Choberivier

Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbu Nandi-Ndaitwah, en haar ampsgenoot van Botswana, dr. Lemogang Kwape,het gemeenskappe in die Chobe-omgewing en Zambezi-streek besoek en samesprekings gevoer.Hulle het na afloop van die samesprekings gesê dit was om oor goeie buurmanskap langs die Choberivier te praat en oor planne hoe om die situasie in die toekoms te monitor. Die samesprekings was nadat drie broers van die Zambezi-streek,Tommy, Martin en Wamunyima Nchindo en hulle neef, Sinvula Muyeme,op 5 November verlede jaar deur die Botswana-weermag in die suidelike kanaal van die Choberivier doodgeskiet is.