Koningin Elizabeth se gesondheid word as goed beskryf

Brittanje se 95-jarige monarg, koningin Elizabeth, se gesondheid word as goed beskryf, ondanks haar oornagverblyf in die hospitaal verlede week vir die eerste keer in baie jare. Die eerste minister, Boris Johnson, sê hy het het met haar gepraat en sy moet eenvoudig die dokters se opdragte nakom om vir minstens die volgende twee weke te rus. Die wêreld se oudste monarg, wat ook die lankste nog regeer, moes haar van die Cop-26-klimaat-spitsberaad in Skotland onttrek waar sy ‘n toespraak sou hou.