Derde Covid-vlaag in Rusland?

Rusland blyk om ‘n nuwe vlaag Covid-infeksies te ervaar. Die land het vandag 33 106 nuwe Covid-gevalle in ‘n 24-uur siklus bevestig, die hoogste syfer sedert middel Maart vanjaar. Drie-en-sestig mense in Rusland is die afgelope 24-uur aan die virus dood, het die land se taakspan teen die virus gesê. Rusland het vroeg in Julie alle inperkings verslap, insluitend die vereiste om maskers te dra.