Demokrate keur wetsontwerp teen aanvalsgewere goed

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ‘n wetsontwerp goedgekeur vir ‘n verbod op aanvalswapens. Dié stap volg na ‘n aantal dodelike massaskietvoorvalle. Die wetgewing is deur ‘n meerderheid stemme in die Huis, wat deur die Demokrate beheer word, goedgekeur. Die wetsontwerp gaan nou na die Senaat waar die Republikeine in die meerderheid is en die voorspelling is dit gaan nie die paal haal nie. Tot dusver vanjaar was daar 314 massaskietvoorvalle in die VSA met 22 000 sterftes wat vanaf 1 Januarie as gevolg van wapengeweld aangemeld is.