Krugersdorp bendeverkragting: SA-polisie het misluk

Action Society sê onbevoegde kaders in die polisiediens het aanleiding gegee tot die bendeverkragting van agt vroue in Westville in Krugersdorp. Daar is 32 klagte van verkragting hangende gemaak. Nagenoeg 65 verdagtes is intussen in hegtenis geneem, van wie die meeste skynbaar die Immigrasiewet oortree het. Twee verdagtes is tydens die polisie-optrede doodgeskiet. Ian Cameron van Action Society sê die nalatenskap van kaderontplooiing het misdaadintelligensie vernietig, insluitend voorkomende maatreëls in die SAPD: