DBN-lenings is steeds ongewild

Die aantal mense wat aansoek doen vir lenings by die Ontwikkelingsbank van Namibië is steeds baie laag. Die uitvoerende hoof, Martin Inkumbi, het sy hoop uitgespreek dat gegradueerdes wat hul eie besighede wil begin, by die bank sal aanklop. Die bank beskik van 450 miljoen Namibiese dollar vir klein besighede as oorbruggingskapitaal. Inkumbi sê die bank staan ook ondernemings wat hul sakebedrywighede wil herstruktureer, soos in onder meer die toerismesektor, by.