US$15 000 en kokaïen om wedstryde te knoei

Die voormalige Zimbabwiese krieketkaptein Brendan Taylor het erken dat hy kokaïen en 15 000 Amerikaanse dollar gevat het om wedstryde te knoei. Op sy Twitter-blad sê die 35-jarige Taylor het nooit met ‘n wedstryd ingemeng nie. Die omkopery het in Oktober 2019 plaasgevind toe hy deur ‘n Indiese besigheidsman genooi is om ‘n T20-kompetisie in Zimbabwe te reël. Hy het bygevoeg dat die uitnodiging gekom het op ‘n tyd wanneer die span vir ses maande nie betaal is nie. Die Internasionale Krieketraad oorweeg tans sy straf.