Smith praat oor uitdagings met ou, stukkende lokomotiewe

Die gebrek aan behoorlike en voldoende lokomotiewe by TransNamib is die rede waarom die maatskappy se dienslewering op die oomblik nie op standaard is nie. Talle ongelukke in die afgelope paar jaar, gepaard met swak bestuur en min instandhouding het die maatskappy se bedrywighede verder gekelder. TransNamib se uitvoerende hoof Johny Smith, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.