Dalk, net dalk is die pandemie oor en verby

Die skerp daling in Covid-gevalle skep die hoop dat die ergste van die pandemie verby is. Regoor die wêreld neem gevalle en sterftes af. Die voormalige gesondheidsminister en mediese dokter, dr. Bernard Haufiku is van mening dat ons wel hoop het dat die ergste verby is maar, dat virusse ook soms verrassings inhou.