Rentekoerse sal deur die jaar verder styg

Ekonome waarsku Suid-Afrikaners moet hulle reg maak vir nog ‘n terugkoopkoers-verhoging oor ‘n maand. ‘n Onafhanklike ekonomiese ontleder, Bonke Dumisa, sê hoër rentekoerse sal op alle leningsterugbetalings volg. Die Reserwebank het Donderdag die terugkoopkoers vir die derde keer sedert November 2021 tot 4,25 persent opgestoot om inflasie onder beheer te probeer kry. Dumisa beveel verbruikers aan om nou al vir die bykomende druk voor te berei:

Die Namibiese repokoers sal weer op 13 April bekend gemaak word wanneer die monetêre beleidskomitee van die Bank van Namibië vergader het.