Daar’s steeds pasiënte met lang Covid

Soos die Covid-19-pandemie ontwikkel het, het sogenaamde lang Covid ontstaan. Het lang Covid ‘n impak op voorheen gesonde jong volwassenes? Oor die maande is gesien hoe sommige mense wat Covid gehad het, steeds aan neurologiese simptome of geestesgesondheids-toestande ly, insluitend probleme met konsentrasie, hoofpyn, slaapprobleme, duiseligheid wanneer jy staan, ‘n spelde-en-naalde gevoel, verlies aan reuk of smaak , en depressie of angs. Dr. Willie Bruwer, ‘n spesialis-geneesheer en pulmonoloog, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, pasiënte met post-Covid-simptome besoek steeds spreekkamers.