Hennep-konferensie volgende week in Noordwes

Die landboudepartement in Noordwes en die Noordwes-Universiteit gaan volgende week die eerste provinsiale Hennep Lekgotla op die Mahikeng-kampus aanbied. Dit val onder die tema, Verbreek die hindernisse rondom die hennep-agenda in Noordwes. Dit is aangewakker deur die kabinet se besluit in Julie 2019 om munt te slaan uit dagga en die ekonomiese groei te verhoog, werk te skep en armoede te verlig. Die departement se woordvoerder, Emelda Setlhako, sê die meesterplan wat onthul is, is daarop gemik om ‘n daggabedryf van 28 miljard Suid-Afrikaanse rand in te span wat moontlik 25 000 werkgeleenthede kan skep en  buitelandse beleggers lok.