Handelskoue kritiek vir plaaslike ekonomieë

Die Okakarara Handelskou is vandag amptelik deur die vise-president Nangolo Mbumba geopen. Die skou, wat as uiters belangrik vir die gebied geag word het meer as 105 uitstallers. Mbumba sê handelskoue is belangrik vir plaaslike ekonomieë.