Daar is 365 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Daar is 49 leerlinge, ses onderwysers, 11 studente en 18 gesondheidswerkers onder die 365 nuwe Covid-19 gevalle in die land. 66 344 Mense is reeds teen die virus ingeënt en die aktiewe gevalle staan tans op 3 397 en 50 053 het reeds herstel uit ‘n kumulatiewe totaal van 54 268. Windhoek het 205 nuwe gevalle, Luderitz 18, Gobabis en Onandjokwe 17 elk, Swakopmund 14 en Walvisbaai 10. Die res is landwyd versprei. Die dodetal het met 12 gestyg tot 807.