DRK waarsku inwoners oor ‘n moontlike tweede vulkaniese uitbarsting

Die regering van die Demokratiese Republiek van die Kongo het inwoners van Goma gewaarsku oor ‘n tweede vulkaniese uitbarsting, ná ‘n waarnemingstasie magma onder die stad opgemerk het. Die magma strek tot onder die Kivu-meer. Radarbeelde toon die krater binne die piek van die Nyiragongo-vulkaan is steeds besig om uit te dy. Meer as 30 mense is in die eerste uitbarsting dood wat verlede Saterdag begin het. ‘n Woordvoerder van die militêre goewerneur van Noord-Kivu, Njike Kaiko Guillame, sê sowat 80-duisend huishoudings moes ontruim word.