Die pryse van landbouchemikalieë styg

‘n Ekonoom van Graan SA waarsku dat ‘n styging in die pryse van landbouchemikalieë op die internasionale mark niks goeds vir Suider-Afrikaanse graanprodusente voorspel nie. Volgens Ikageng Maluleke het landbouchemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, hoog gebly as gevolg van die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Maluleke sê die enigste ligpunt vir Suider-Afrika is die sterk rand wat die prysdruk ietwat verlig.