Daar is 1 009 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat onder die 1 009 nuwe Covid -19 gevalle die positiewe koers tans 32% is, waarvan Khomas die meeste gevalle naamlik 21% het, gevolg deur Erongo met 16% en Oshikoto met 11%. Onder die nuwe gevalle is 77 leerlinge, 17 onderwysers, 12 studente en 31 gesondheidswerkers. Uit al die nuwe gevalle het 4% een dosis entstof ontvang. 134 853 Mense het hulle tot dusver reeds laat inent, met 33 420 wat ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 77%.Tans is daar 23 370 aktiewe gevalle waarvan 552 in die hospitaal en 108 in intensiewe sorg is. Die totale aantal Covid-sterftes het tot 2 371 gestyg.