DA vra vir beskerming van fluitjieblasers

Die Demokrasie Alliansie in die Noord-Kaap het ‘n dringende versoek aan die wetgewer gerig om ‘n portefeulje-komiteevergadering met die polisie en ander belanghebbendes te belê oor die beskerming van fluitjieblasers oor bedrog en korrupsie in die provinsie. Dit volg op die voorlopige skorsing van die voormalige waarnemende hoof van die departement van gesondheid, Dion Theys, en die finansiële hoof, Daniel Gaborone. Harold McGluwa van die DA sê hulle word aangekla van bedrog in verband met ongerymdhede oor persoonlike beskermende toerusting ter waarde van 43 miljoen rand.