Marco Botha skryf boek oor Namibiese San

Marco Botha se boek, Die Spore van Gert Saggiestrap, is ’n greep uit die hedendaagse bestaan van ’n groepie Ju/’hoansi- San uit die Omahekestreek. Dit is ʼn sensitiewe, outentieke verhaal en Botha se boek is universeel en bied ʼn uiters relevante blik op al die randeiers van ons samelewing. Botha is ’n storieverteller, ’n gewese sportskrywer, bylaagredakteur en mede-uitgewer by Die Burger, Beeld, Rapport en 24.com. Tans is hy ’n TV-rugbykommentator en kommunikasiebestuurder. Sy eerste biografiese sportleierskapboek het in 2013 verskyn, en Die Spore van Gert Saggiestrap is sy eerste roman. Botha gesels uit Kaapstad met Kosmos 94.1 Nuus oor sy roman.