DA veroordeel moord op boer van Rustenburg

Die DA in Noordwes het die gru-moord op ‘n 68-jarige boer van Rustenburg veroordeel. Die boer is wreed aangeval in sy huis kort nadat sy lewensmaat Woensdagoggend werk toe is. Die plaaslike sekerheids-onderneming het gereageer op ‘n noodoproep. Die DA-lid, Gavin Edwards, sê die boer is met pangas aangeval voordat sy huis geplunder is.