Rwanda-park vier toename in witrenosters 

Sentraal-Afrika se grootste beskermde vleiland, die Akagera Nasionale Park in Rwanda, vier die toename in die getalle van witrenosters, ná die geboorte van nuwe kalwers. Volgens die park se woordvoerder, Drew Bantlin, is daar nou 35 witrenosters in die park, met Suid-Afrika wat ook ‘n rol gespeel het en 30 renosters verskaf het. Bantlin sê die park sien daarna uit om die getalle van die byna uitgestorwe spesies te vermeerder.