NBL se groei toegeskryf aan Suid-Afrikaanse mark

Namibia Breweries Limited se algehele verkoopsvolumes het met 12 persent toegeneem teenoor die vorige finansiële jaar. Die Namibiese biermaatskappy het sy jaar-eindsyfers vir 30 Junie 2022 vandag bekend gemaak. Die groei word aan ‘n groot mate toegeskryf as gevolg van ‘n toename in volumegroei en vraag vanuit Suid-Afrika, spesifiek vir Windhoek Bier. Namibiese biervolumes het met 1,5 persent gedaal namate inflasiedruk in alle sektore van die Namibiese ekonomie voortgegaan het om verbruikers se besteebare inkomste uit te daag. Netto inkomste het met 14,1 persent gestyg tot 3,021 miljard Namibiese dollar.