Nasionale Dag vir Gestremdhede plaaslik herdenk

Vandag is Nasionale Dag vir Gestremdhede in Namibië. Die hoof van navorsing van die Nasionale Raad van Gestremdhede van Namibië, Tjiueza Tjombumbi, sê in Namibië word teen mense met gestremdhede gediskrimineer. Hy sê daar is ‘n gebrek aan toegang vir rolstoele tot geboue, openbare vervoer en infrastruktuur in die hoofstad en dorpe. Volgens hom is die Namibiese samelewing nie ontwerp vir gestremde mense nie. Tjombumbi gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die groot uitdagings wat Namibiërs met gestremdhede in die gesig staar.