DA sê opheffing van vervoerverbod nie genoeg nie

Die DA het die opheffing van die landwye verbod op die verskuiwing van beeste verwelkom maar sê dit is nie genoeg nie. Boere is ná ’n uitbreking van bek-en-klouseer verbied om beeste te verskuiwe. Die siekte het veral op plase, in voerkrale en in gemeenskaplike gebiede in verskeie provinsies in die land voorgekom. ʼn Woordvoerder van die DA, Noko Masipa sê bek-en-klouseer is ’n beheerde siekte en daarom moet die minister van Landbou, Thoko Didiza, nie skielik tot aksie oorgaan wanneer daar ʼn uitbreking is nie: