Indië kort sy rysuitvoere in

Indië het ‘n verbod geplaas op die uitvoer van gebreekte rys en ‘n heffing van 20 persent op die uitvoer van al sy grade rys ingestel. Die land, die wêreld se grootste uitvoerder van die graan, probeer om sy voorraad op te bou en pryse in die land af te bring. Indië voer rys uit na meer as 150 lande, en enige vermindering in sy besendings sal verdere opwaartse druk op voedselpryse plaas. Gebreekte rys, wat ‘n paar arm Afrikalande vir menslike gebruik invoer word hoofsaaklik vir voerdoeleindes gebruik.