Beleggings in Savanna sluit vandag

Vandag is die laaste dag van die tweede venster vir beleggings in Savanna Beef Processors. Die laaste syfers wat ontvang is dui aan dat meer as 640 produsente-aansoeke is vir aandele in Savanna Beef Processors ontvang, wat ‘n totaal van 163,7 miljoen Namibiese dollar aandele is. Dit volg nadat 93 nuwe aansoeke in die tweede plasing ontvang is vir ‘n totaal van 17,734 miljoen dollar. Die teiken is 200 miljoen dollar om ‘n nuwe verslagtings-aanleg op die been bring wat waarde toevoeg aan plaaslike beesvleis voor dit uitgevoer word. Enige navrae oor aandele kan aan Cirrus Capital in Windhoek gerig word.