DA se laat vrae aan Ramaphosa in NV geweier

Die speaker van die buurland se Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het die DA-leier John Steenhuisen se versoek om ‘n dringende vraag aan President Cyril Ramaphosa te stel, geweier. Die president sal vandag vrae in die parlement beantwoord. Dit sal onder andere gaan oor die Phala Phala-plaaskwessie, asook geslagsgeweld en onwettige immigrasie. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê volgens die reëls moet vrae aan die president minstens 16 dae voor die tyd aan die speaker voorgelê word vir haar goedkeuring: