Werke en vervoer word N$1,5 miljard deur regeringsagentskappe geskuld

Daar word berig dat verskeie regeringskantore, agentskappe en ministeries die ministerie van werke en vervoer 1,5 miljard Namibiese dollar skuld in onbetaalde huurkostes van motors. Afhangende van die ooreenkoms wat geteken is, moet die ministerie of daagliks of maandeliks betaal word. Volgens berigte is die stelsel heeltemal onvolhoubaar en dit is nie net as gevolg van uitstaande betalings nie. Die ministerie sê ‘n uitgerekte aankoopstelsel, die agterstand by sy werkswinkels, werkswinkels wat reeds meer as tien jaar nie werksaam is nie en die hoë ongeluksyfer dra ook by. En die wanbetalings en agterstand sal ook nie binnekort opgelos word nie. Die regering kan geen vakante poste vul nie en het reeds fiskale tekorte gehad voor hy die verhogings vir staatsamptenare goedgekeur het.